Universiteit van Pretoria skuif klasse tydelik aanlyn

Die Universiteit van Pretoria bied tans sommige van sy klasse by die Hatfield-kampus aanlyn aan weens voortslepende betogings en die onwettige versperring van ingange na die kampus. Werknemers het verlede week begin staak nadat onderhandelings oor salarisverhogings tussen die vakbond Nehawu en die universiteit ʼn dooiepunt bereik het. Die universiteit sê hy sal studente in hierdie tyd ondersteun, aanlyn-registrasieprosesse fasiliteer en studente bystaan wat sukkel om die vereiste dokumente in te dien.