Universiteit Stellenbosch voeg Spaans by sy leerplan

Die Universiteit Stellenbosch en sy Moderne Buitelandse Tale-departement van gaan van volgende jaar af Spaans by sy leerplan insluit. Die universiteit het in Desember ‘n ooreenkoms met die regering van Spanje onderteken vir die amptelike skepping van ‘n Spaanse leerstoel aan die instelling. ‘n Dosent in die departement, professor Catherine du Toit, sê die insluiting van Spaans as vakkeuse sal nie net op taalvaardigheid fokus nie, maar ook op die kulturele verskeidenheid en eietydse letterkunde.