United hervat vlugte na Israel

United Airlines het planne aangekondig om regstreekse vlugte na Israel te hervat. Hy word die eerste Amerikaanse lugredery wat die diens hervat sedert Hamas se aanvalle op Israel op 7 Oktober. Die redery sal vlugte aanbied van Newark na Tel Aviv via München in Duitsland, met vlugte wat terugkeer van Israel na Newark op 3 en 5 Maart. Die mikpunt is om op 6 Maart ‘n daaglikse regstreekse diens te hervat na Tel Aviv vanaf Newark met ‘n Boeing 787-10.