Unisa-prof sê Ster van Suid-Afrika moet teruggegee word

‘n Professor van Unisa, Mametlwe Sebei, het hom aangesluit by verenigde versoeke aan Brittanje om die Ster van Afrika-diamant aan Suid-Afrika terug te gee. Dis in die koninklike septer geset wat Koning Charles die Derde by sy kroning oor die naweek vasgehou het. Die diamant, amptelik bekend as Cullinan Een, weeg 530 karaat en is in 1905 in Suid-Afrika ontdek. Die koloniale regering in die land, wat toe onder Britse heerskappy was, het dit aan die Britse koningshuis geskenk. Sebei sê die diamant moet aan die gemeenskap van Cullinan teruggegee word: