Unisa moet kullery ondersoek

Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Unie vir Studente, Asive Dlangwa, vra Unisa om bewerings van kullery onder studente te ondersoek. Berigte lui duisende studente word verdink van plagiaat, nadat dit uitgewys is deur Unisa se aanlyn toetsstelsel. Dit is nie die eerste keer dat sulke bewerings opduik nie, met soortgelyke kwessies wat verlede Desember geopper is. Volgens Dlangwa sê Unisa sy ondersoek is gemik op die aanspreek van kommer oor akademiese wanoptrede: