Unicef sê cholera-uitbreking moet wekroep wees

Die Verenigde Nasies se internasionale kinderfonds waarsku die uitbreking van cholera in Hammanskraal, noord van Pretoria, moet ‘n wekroep wees. Twee van die 15 mense wat sedert die begin van die uitbreking dood is, was kinders. Unicef Suid-Afrika se adjunkverteenwoordiger, Muriel Mafico, sê hierdie uitbreking beklemtoon die belangrikheid om toegang tot veilige water en sanitasie te verseker en goeie higiëne-praktyke aan te moedig: