Unam werk aan Katima Mulilo kampus

Die Universiteit van Namibië is besig om sy Katima Mulilo kampus te opgradeer, spesifiek die departement van Wildbestuur en Ekotoerisme. Die universiteit het ‘n toelaag van 10 miljoen euro, of meer as 200 miljoen Namibiese dollar, by die Duitse regering hiervoor gekry. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die universiteit se woordvoerder, Simon Namesho, wat sê die kampus is veral belangrik omdat dit naby aan die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied geleë is.