Unam weer betrek by werklose gegradueerdes

‘n Voorstel is in die Nasionale Vergadering gemaak dat die Universiteit van Namibië se LLB-graadkursus vir ‘n paar jaar opgeskort word om werklose regsgraduandi te akkommodeer. Beide Unam en Nust bied regskursusse aan, maar die presiese aantal gegradueerdes en hoeveel werkloos is, is nie tans bekend nie. Die voorstel het nie byval gevind by justisieminister Yvonne Dausab nie. Sy sê dit sal inbreuk maak op studente se basiese menseregte.