Unam verminder registrasie fooie

Nie-befondsde, maar kwalifiserende voornemende studente by die Universiteit van Namibië gaan nou net 2 575 Namibiese dollar by registrasie betaal. Alle studente, ook internasionale studente en diegene wat reeds vir die 2024 akademiese jaar geregistreer het, moet ‘n skriftelike betalingsplan met die universiteit se finansiële kantore aangaan. Hierdie besluit is slegs geldig vir die 2024 akademiese jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, die universiteit se woordvoerder, wat sê die betaling-reëlings is vanaf vandag in plek en registrasie eindig op 16 Februarie.