Unam verlaag registrasie-fooie

Die Universiteit van Namibië het die bedrag betaalbaar by registrasie vir nie-befondsde, maar kwalifiserende studente verminder. Nie-befondsde Namibiese studente sal 2 575 Namibiese dollar by registrasie betaal. Alle studente – ook internasionale studente, insluitend studente wat reeds vir die 2024 akademiese jaar geregistreer het, moet ‘n skriftelike betalingsplan met die Universiteit by alle Unam finansiële kantore aangaan. Die betalingsplanreëlings sal vanaf Maandag in plek wees. Registrasie eindig op 16 Februarie. Hierdie besluit is slegs geldig vir die 2024 akademiese jaar.