Unam verduidelik Maandag se chaos

Unam het ‘n verklaring uitgereik na die chaos wat Maandag by die hoofkampus afgespeel het. Die universiteit sê daar was ‘n vergadering van geregistreerde studenteverenigings en klubs met politieke affiliasies met bestuur beplan. Nie-studentelede van die LPM het egter probeer aansluit en die universiteit het toegang tot die kampus verbied wat tot die blokkering van die ingang gelei het. Intussen het dit Vrydag onder die universiteit se aandag gekom dat ‘n klein groepie studente deelgeneem het aan ’n ongemagtigde optog op die hoofkampus, met Swapo kleure. Dit was nie deur die universiteitsbestuur gemagtig nie en sal in ooreenstemming met sy reëls en regulasies aangespreek word.