Unam-student rig wapen op eksamenbeampte oor sy punte
‘n Derde-jaar politieke wetenskap student by Unam het die week ‘n wapen gerig op ‘n eksamenbeampte oor punte. Die universiteit se woordvoerder Simon Namesho het die insident aan The Namibian bevestig en sê die kwessie ontvang dringend aandag. Die polisie het ook bevestig dat die beampte ‘n klag teen die student, blykbaar ‘n weeskind, gemaak het. Volgens wat berig word het die student na sy dosent, Rui Tyitende se kantoor gegaan maar dit gesluit gevind. Hy het toe na die beampte se kantoor gegaan en geëis dat sy, sy punte aanpas. Daar is gerugte dat die student nie klas gedraf het of take ingedien het nie. Daar is uit verskeie oorde kommer uitgespreek oor sekuriteit by die kampus.