Unam stel klimaatkursusse bekend

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië het in samewerking met Unam pasgemaakte kortkursusse oor klimaatsverandering ontwikkel. Volgens die fonds is die opvoeding oor klimaatsverandering van kardinale belang aangesien dit mense help om die impak van die krisis te verstaan en aan te spreek. Dit sal hulle bemagtig met die kennis, vaardighede, waardes en houdings wat nodig is om as agente van verandering op te tree. Hulle is op NQA-vlak 9 geakkrediteer, wat beteken dat studente wat die kursusse voltooi, vir die meestersgraadprogram kan inskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Eliakim Hamunyela, ‘n senior lektor by Unam, oor die kursusse gesels.