Unam se Veeartsenyskool doen studie oor loodvergiftiging op karnivore

Unam se Veeartsenyskool is besig om analise van die bene van groot karnivore te doen om die loodvlakke te bepaal. Dit is deel van ‘n navorsingsprogram van die Namibiese Loodvergiftiging-werksgroep onder leiding van die omgewingsministerie. Lood-ammunisie hou ‘n bedreiging vir die gesondheid van aasdiere en mense in. Aansienlike navorsing is al op voëls soos aasvoëls, arende en neushoringvoëls wêreldwyd gedoen, maar nog nie op karnivore nie. ‘n Namibies-Japannese samewerkingsprogram word ontwikkel om die impak van lood op die Namibiese omgewing na te vors en die karnivoor-projek is deel van die program.