Unam se registrasieproses is aan die gang

Die Universiteit van Namibië se aansoeke om toelating is nou oop vir die 2023 akademiese jaar vir voorgraadse en nagraadse programme. Elke student word versoek om slegs een aanlyn aansoekvorm in te dien deur die studentenommer te gebruik wat toegeken is, as voorheen aansoek gedoen is. Eerste-keer-aansoekers sal ‘n studente- of verwysingsnommer ontvang. Simon Namesho Unam se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus oor die registrasieproses gepraat.