Unam se Katima-kampus help dalk met siektes

Die Universiteit van Namibië is besig om ‘n toelaag van 10 miljoen euro, of meer as 200 miljoen Namibiese dollar, wat hy by die Duitse regering gekry het, te gebruik om ‘n nuwe departement van Wildbestuur en Ekotoerisme by sy Katima Mulilo kampus te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die burgemeester van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, wat sê die nuwe kampus kan die bek-en klouseer uitbraak inperk.