Unam kondig samewerking met ander universiteite aan

Unam het ‘n memorandum van verstandhouding met vier ander Ruforum-lid-universiteite onderteken om vooruitskouing kapasiteit by Afrika-universiteite te versterk, kapasiteitsbou te ondersteun asook samewerkende akademie en nywerheidsnavorsing in Afrika te versterk. Hulle is die Makerere Universiteit in Uganda, die Universiteit van Suid-Afrika, die Botswana Universiteit van Landbou en Natuurwetenskappe en die Chinhoyi Universiteit van Tegnologie in Zimbabwe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Unam-woordvoerder, Simon Namesho, oor hoe dit die universiteit en Namibiese studente sal bevoordeel.