Unam gee eerste salarisverhogings in jare

Die Universiteit van Namibië se visekanselier, prof. Kenneth Matengu, het vandag by die instelling se jaar-aanvangs-seremonie aangekondig dat die universiteit se werknemers ‘n 5 persent salarisverhoging gaan kry, met voordele. Dit kom nadat die universiteit se personeel vir ten minste vyf jaar nie verhogings gekry het nie.