Ultra-Ortodokse Jode moet weermag toe

Israel se hooggeregshof het beslis dat ultra-Ortodokse Joodse mans militêre diensplig moet doen. Dit is ‘n polities plofbare besluit wat die stabiliteit van Benjamin Netanyahu se koalisieregering bedreig. Die eenparige uitspraak deur ‘n paneel van nege regters het ‘n tussentydse besluit bekragtig dat die staat geen magtiging het om ultra-Ortodokse, of Haredi, mans vry te stel van diensplig nie. Die magtige ultra-Ortodokse Shas en United Torah Judaism-partye is sleutel-bondgenote van Netanyahu. Hulle het gedreig om sy koalisie te verlaat en nuwe verkiesings af te dwing as die vrystellings beëindig word.