Ultimate Safaris sluit sy Huab-lodge

Ultimate Safaris het sy gesamentlike vennootskap met die Huab-bewaringsgebied in die Noordweste opgeskort en gaan sy lodge Huab Under Canvas sluit. Al die planne vir langtermyn toekomstige beleggings, is daarmee heen weens die mynbedrywighede van Chinese beleggers sowat vier kilometer vanaf die lodge. Die bewaringsgebied wil die Namibiese omgewingsministerie hof toe te vat oor die mynbedrywighede. Huab se renosterbewaarders het renosters suksesvol gegemonitor en beskerm, maar die renosters is vort. Tristan Cowley, besturende direkteur van Ultimate Safaris het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…

Cowley sê hulle sal steeds die bewaringsgebied finansieel bystaan, ook in hul hofsaak teen die omgewingsministerie.