Uitvoere op opwaartse trajek: NSA

Namibië se uitvoer-inkomste het in November verlede jaar ‘n beduidende maand-tot-maand verhoging van 73 persent getoon vanaf die 6,8 miljard Namibiese dollar wat in Oktober gemeet is, tot 11,8 miljard dollar. Invoere het in November met 39,7 persent toegeneem vanaf 11,3 miljard in Oktober, wat gelei het tot ‘n verbeterde handelstekort van 4 miljard dollar, vergeleke met ‘n handelstekort van 4,5 miljard dollar in Oktober. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê in sy handelstatistiek-verslag vir November dat uitvoere in die eerste 11 maande verlede jaar 93,6 miljard dollar beloop het, wat meer is as die 88,1 miljard dollar in dieselfde tydperk in 2022. Invoere in die eerste 11 maande het 125,2 miljard dollar beloop, wat 7 miljard meer was as in 2022.