Uitvoer van lewende hawe per see stopgesit

Die Nasionale Raad vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere sê hy wen sy stryd teen die uitvoer van lewende hawe per see. Die Al Mawashi-maatskappy het aangekondig hy het nie ‘n bestelling van Koeweit ontvang vir verdere uitvoer van lewende hawe per see van Gqeberha in die Oos-Kaap na die Midde-Ooste nie. Verskeping sal nou plaasvind vanaf Australië. Al Mawashi skryf sy verliese van ongeveer 49 miljoen Namibiese dollar uitsluitlik toe aan die raad se meedoënlose stryd om diere te beskerm teen uitvoere na die Midde-Ooste.