Uitvoer na Midde-Ooste goeie nuus

Die landbouministerie het aangekondig dat sertifikate uitgereik is vir die uitvoer van Namibiese vleis na die twee lande in die Midde-Ooste. Die ministerie sê egter dit is uiters belangrik dat uitvoer abattoirs saamwerk met sertifiseringsliggaams vir Halal-standaarde om geakkrediteer te word. Daarna kan die abattoirs registreer om hulle produkte uit te voer.  Kosmos 94.1 Nuus het met Mecki Schneider, voorsitter van die Bees-waardekettingforum, gesels wat sê dit is goed vir die vleisbedryf veral vir die lamsvleis-sektor.