Uitstel vir die in SA wat aansoek vir langtermynvisums, kwytskelding, gedoen het

Die buurland se Departement van Binnelandse Sake het die oorkoepelende konsessie vir langtermynvisum- of kwytskeldings-aansoekers wat op die uitslag van hulle aansoeke wag, verleng. Dis ‘n poging om die uitwerking wat die verwerkings-agterstand op aansoekers het, te hanteer. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê, dit beteken aansoekers vir langtermynvisums óf kwytskeldings mag tot 31 Desember vanjaar in Suid-Afrika bly terwyl hulle aansoeke afgehandel word: