Uitstel vir ANC-kandidate vir ’24 se benoemingSeptember 25, 2023
Daar is groot verligting in ANC-kringe met die uitstel van die sperdatum om hulle kandidate vir die 2024-verkiesing aan te wys. Die vorige spertyd is van September tot die 15de Oktober verskuif. Slegs 46 persent van die party se takke het aanvanklik vergader, met vertragings wat toegeskryf word aan takke wat nie behoorlik saamgestel is nie. Die ANC se verkiesingskomitee se sekretaris, Livhuwani Matsila, sê die uitstel sal hulle ook help om beter vir die veldtogprosesse voor te berei: