Uitstaande salarisse van Gautengse verpleegsters die week betaal

Die Gautengse departement van gesondheid is vasbeslote om seker te maak uitstaande salarisse word hierdie week betaal. Meer as 45 pas-gekwalifiseerde verpleegkundiges sal na verwagting vandag betalingsbevestigings ontvang, terwyl omtrent sewe ander wag vir mandate wat reggemaak moet word by die instellings waar hulle werk. Die verplegingsorganisasie, Denosa, beskuldig die departement daarvan dat verpleegkundiges vir drie maande nie betaal is nie en sê groot afleggings word regoor Gauteng beplan. Die departement sê daar sal geen werksverliese wees nie en die betalingskwessies sal opgelos word.