Uitspraak voorbehou in Assange-saak

Britse regter Victoria Sharp het geen datum vir haar beslissing in die appèlsaak teen die uitlewering van Julian Assange na die VSA gegee nie en sê dit sal op ‘n latere datum gemaak word. Sy aansoek vir verlof tot appèl is die afgelope twee dae in die Britse hof gebring. Hy was nie in die hof nie omdat hy blykbaar siek is. Die Australiër se regstryd het in 2010 begin, en hy het sewe jaar lank in Ecuador se ambassade deurgebring voordat hy in 2019 na die Belmarsh-gevangenis geneem is. Assange se prokureurs sê hy kan ‘n vonnis van so lank as 175 jaar opgelê word, maar waarskynlik minstens 30 tot 40 jaar.