Uitspraak verwag in Amushelelo se bates-saak

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar die aanklaer-generaal aansoek gedoen vir bewaringsbevele teen Michael Amushelelo. Martha Imalwa se kantoor wil bevele vir agt luukse voertuie sowel as 13 verskillende bankrekenings bekom. Die voertuie sluit in Audi’s, Mercedes-Benz, BMW en Ranger Rover modelle in. Die aansoek handel oor die vermeende geldwassery waarvoor hy aangekla is, wat steeds in die hoërhof draai. Amushelelo het die aansoek verdedig en regter Thomas Masuku het die aansoek aangehoor.