Uitspraak vandag verwag in Saoedi-saak teen Boulter 

Uitspraak in die saak van ’n Saoedi-Arabiese maatskappy en vyf Saoedi-beleggers teen die Britse sakeman en plaaseienaar Harvey Boulter word vandag verwag. Die maatskappy Tebrak Trading and Contracting vra vir ‘n bevel wat hulle in Dubai se hof gekry het, om plaaslik afgedwing te word. Daardie bevel handel oor net meer as 2,4 miljoen Britse pond wat Tebrak en sy vyf lede in Boulter se maatskappye belê het. Hulle vra ook rente op die fondse sowel as regskostes. Hulle voer aan hulle het die geld belê in Boulter se Porton-groep maar, hy het die fondse verduister en vals aandeelsertifikate uitgereik. Regter Eileen Rakow is op die bank.