Uitspraak vandag verwag in Namdeb-LPM saak
Regter Herman Oosthuizen sal vanoggend uitspraak lewer in die dringende aansoek deur Namdeb teen die LPM. Die mynreus vra die hof vir ‘n interdik wat hulle verhoed om lasterlike uitsprake oor Namdeb en sy bestuur op enige platform te maak. Dit volg na aantygings in Maart oor die behuising wat hy verskaf. Daar word ook gevra dat alle plasings op veral die party se sosiale media platforms verwyder word. Die LPM het die saak verdedig. Oosthuizen het op 10 Mei ‘n tydelike interdik toegestaan met die reël nisi vir vandag. Die partye het reeds hoofargumente ingedien.