Uitspraak vandag in PDM se grondsaak verwag

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar die PDM die oud-grondhervormingsminister Utoni Nujoma en die ministerie dagvaar oor ‘n grondooreenkoms. Die saak handel oor ‘n ooreenkoms tussen die regering en die Russiese miljardêr Rashid Sardarov om vier plase vir 99 jaar te huur. Sardarov het die grond in 2018 gekoop, aan die ministerie geskenk en toe ‘n 99-jaar pag ontvang. Die PDM sê die transaksie is onwettig en ’n doelbewuste oortreding van die wet. Sardarov het intussen ‘n luukse lodge op die grond ontwikkel. Regter Orben Sibeya het die saak aangehoor.