Uitspraak van ‘rooilynsaak’ eers in September
Die uitspraak in die sogenaamde rooilyn-saak rakende die AR-leier Job Amupanda se petisie om die noordelike veterinêre kordonheining diskriminerend en ongrondwetlik te verklaar, is tot 5 September uitgestel. Die verwagte uitspraak, wat aanvanklik na verwagting vandag deur die Windhoekse hoërhofregter Shafimana Ueitele gelewer sou word, is vertraag, want dit is nog nie gereed nie. Die respondente sluit onder meer die landbouministerie, die veeartseny-departement, die prokureur-generaal en die Vleisraad van Namibië in. Amupanda poog om die veterinêre kordonheining te verwyder en hy beskryf dit as diskriminerend teenoor die noordelike boere.