Uitspraak oor sodomiewet weer uitgestel

Die hoërhof het weer uitspraak in die konstitusionele aansoek teen die sodomiewet, uitgestel en dit sal na verwagting eers op 21 Junie gelewer word. Dit was Vrydag verwag. Friedel Dausab, ‘n LGBT-aktivis het die saak gebring en voer aan die kriminalisering van sodomie en verwante misdrywe is ongrondwetlik en diskrimineer. Die wet self is uiters omstrede omdat dit net mans teiken al is die sogenaamde oortreding konsensueel. Daar was tussen 2003 en 2019, 64 arrestasies in die verband. Regters Nate Ndauendapo, Shafimana Ueitele en Claudia Claasen is op die regbank.