Uitspraak in Menzies se dringende hofaansoek is voorbehou tot 1 September

Uitspraak in Menzies Avation se dringende hofaansoek in die Windhoekse hoërhof is voorbehou tot volgende Vrydag 1 September. Dit volg nadat die Namibiese Lughawensmaatskappy Menzies Saterdag by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgeskop het. Intussen gaan Paragon Aviation voort om die vrag- en grondhanteringdienste by die lughawe te lewer. Lufthansa se Eurowings Discover het bevestig die aankoms van twee van hul vlugte vanaf Frankfurt môreoggend op die lughawe, hang af van dié hofbeslissing. Volgens Paragon is vlugte by die lughawe byna genormaliseer. Hulle het vandag nege inkomende vlugte hanteer en elf vlugte wat vertrek het.