Uitspraak in Kora-appèlsaak môre verwag

Die hooggeregshof sal môre uitspraak lewer in die appèlsaak van Mundial Telecom Sarl teen die Namibiese Toerismeraad. Dit kom na die hoërhof in Januarie 2022 bevind het die maatskappy moet 23,5 miljoen Namibiese dollar, plus 20 persent rente, aan die toerismeraad moet terugbetaal vir die mislukte Kora Musiketoekennings. Die toerismeraad het aan Mundial die geld betaal om Namibië te bemark in aanloop tot die toekennings wat in Maart 2016 plaaslik gehou sou word. Dit het nooit gebeur nie en die raad het hom aan die hof gewend om die fondse terug te kry. Daar is in sy guns beslis maar, verlof tot appèl is toegestaan.