Uitspraak in Kill the Boer-saak voorbehou

Die Appèlhof het uitspraak voorbehou in AfriForum se aansoek dat die waarnemende appèlregter, Raylene Keightley, haar van die “Kill the Boer”-appèlsaak onttrek. In 2023 het die organisasie se regspan die registrateur van die Appèlhof formeel versoek dat Regter Keightley haar onttrek aan die paneel regters wat voorsit oor AfriForum se appèlaansoek teen Julius Malema en die EFF se dreunsang van “Kill the Boer”. Kallie Kriel van AfriForum sê die aansoek is gebring op grond van ’n vroeëre saak in 2018, waarin Keightley sterk menings teen die organisasie uitgespreek het: