Uitslae van PDM-kieskollege môre bekend

Die Popular Democratic Movement, wat die naweek sy kieskollege gehou het, het aangekondig die uitslae sal môre amptelik bekendgemaak word. Die aankondiging sal om 10 uur by die PDM-hoofkantoor in Windhoek gedoen word. Luidens ‘n verklaring is PDM-president McHenry Venaani steeds besig om sy 10 nominasies noukeurig te oorweeg.