Uiterste hitte in Indië stuur af op ‘n ramp
‘n Indiese hof het die regering aangemoedig om ‘n nasionale ramptoestand af te kondig oor die land se voortslepende hittegolf, en sê honderde mense het gesterf tydens weke se uiterste weer. Indië verduur ‘n uitmergelende hittegolf met temperature in verskeie stede wat tot ver bo 45-grade Celsius styg. Die Hooggeregshof in die westelike deelstaat Rajasthan, wat hierdie week van die warmste weer trotseer het, sê owerhede het versuim om toepaslike stappe te doen om die publiek teen die hitte te beskerm.