Uiters kort kennigsgewing op tender vir hengse fees

Die Tender Bulletin berig oor die eerste tender vanjaar wat deur die ministerie van internasionale betrekkings bekend gestel is. Maatskappye is gevra om te tender vir ‘n fees wat na Cassingadag, op 6 en 7 Mei, gehou is, maar, is presies een dag gegee om die tenders saam te stel. Dit was ook ‘n baie groot partytjie omdat die ministerie kwotasies aangevra het vir Aawambo tradisionele kos vir 60, Ovaherero tradisionele kos, ook vir 60, tradisionele kos vir die Zambezi en Kavango-streke, ook vir 60 gaste, en dan Baster en Tswana disse, vir 40. Verder is kospakkies met rys, hoender, beesvleis, vis en groente vir 680 gaste aangevra, met ‘n vurk, tandestokkie en servet daarby. Dan is 960 300-mil bottels minerale water eb 680 330-mil blikkies gaskoeldrank aangevra. ‘n Gedrukte boekie met ‘n brosjure oor elke kulturele dis moes ook ingesluit word. Die tender is Vrydag, 28 April, net voor die langnaweek uitgereik, en maatskappye moet teen 3 Mei, om 11-uur hul tenders indien.