Uiters goeie nuus, indien Enso-voorspellings hou

El Niño-toestande sal waarskynlik binne ‘n maand heeltemal verswak met La Niña wat teen September gevestig sal wees. Die landbou-tydskrif Agriforum berig die Amerikaanse Klimaatsvoorspellingsentrum het sy jongste uitkykstatus so aangepas. La Niña bring natter toestande in die land. Volgens die Amerikaners is daar ‘n 69 persent waarskynlikheid dat La Niña tussen Julie en September sal pos vat. Volgens die weermodelle sal die La Niña sy houvas oor weerstoestande dwarsdeur die Suidelike Halfrond se somer behou. Die sentrum se volgende uitkykstatus sal op 13 Junie verskyn.