Uiteindelik werk Kusile-kragstasie
Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, prys Eskom se onlangse opwekkingsprestasie met Kusile-kragstasie se eenheid een wat twee maande voor skedule in bedryf gestel is. Dit voeg 800 megawatt by die netwerk en dui op ‘n aansienlike hupstoot vir elektrisiteitsopwekking en verminderde beurtkrag. Verdere verbeterings word verwag, met eenheid twee wat volgende maand sal werk en eenheid vyf wat in Desember in bedryf gestel word. Ramakgopa sê hulle bly toegewy aan die versterking van die opwekkingsvermoë deur infrastruktuur-uitbreiding en die integrasie van hernubare energie.