Uiteenlopende reaksies op Zim-verkiesingAugust 29, 2023

Die Verenigde State sê hy sal streeksleiers betrek oor die omstrede algemene verkiesings in Zimbabwe, en die implikasies vir die land se internasionale aansien. Intussen het China gevra dat verkiesingsgeskille aan die howe gerig word, en sê hy meng nie in met interne prosesse nie. Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het in ’n verklaring verwys na “opruiende en onaanvaarbare aanvalle” teenoor waarnemers en sê daar is baie op die spel vir die mense van Zimbabwe en die streek. Op sy beurt sê China hy is gereed om voort te gaan om met die regering van Zimbabwe te werk en het President Emmerson Mnangagwa gelukgewens.