Uitdagings met tekorte aan sportfasilteite weer die naweek beklemtoonOctober 16, 2023
Die Debmarine Premierliga-kragmeting wat die naweek tussen African Stars en Eeshoke Chula Chula plaasgevind het en wat by die Hage Geingob-stadion aangebied is, het weereens die dringende behoefte vir die Namibiese regering om meer aggressief in plaaslike sport te belê, beklemtoon. Die Namibiese minister van sport, Agnes Tjongarero, het die indrukwekkende opkoms by die wedstryd geloof, met die stadion wat volgepak was. Op die oomblik kan nie die Onafhanklikheidstadion nog Sam Nujomastadion vir enige amptelike wedstryde benut word nie en die infrastruktuur val uitmekaar. Minister Tjongarero sê die prosedures, wat deur hulleself daargestel is, vertraag alles.
Sy sê die tipe wedstryde bring ook ekonomiese voordele vir die hoofstad.