Uitdagings in Groot Aub onder die loep

Die raadslid vir die Windhoek-landelike gebied, Piet Adams, het die ernstige uitdagings wat die gemeenskap van Groot Aub en omliggende gebiede suid van die hoofstad in die gesig staar, uitgelig. Hy het met die plaaslike uitsaaier gepraat en sê toegang tot grond is dringend nodig. Die gebied is reeds in 2017 by die hoofstad ingelyf. Daar is ongeveer 6 000 inwoners, hoofsaaklik kleinskaalse boere en pensioenarisse, wat staatmaak op toegang tot grond as hul hoofbron van bestaan. Volgens Adams is daar nie toegang tot water en krag nie en gemeenskappe kan nie grond toegeken word as hulle nie 2 miljoen Namibiese dollar in bates kan toon nie.