Uitdaging in SA vir wintersonstilstand-swem

Die Nasionale Seereddingsinstituut daag alle Suid-Afrikaners uit om die koue te trotseer vir ‘n goeie saak deur deel te neem aan ‘n wintersonstilstand-swem om noodsaaklike fondse in te samel. Die NSRI se woordvoerder, Andrew Ingram, sê soos die wintersonstilstand nader kom, met die langste nag van die jaar op 20 Junie, moedig hulle alle burgers aan om die koue te omhels en die terugkeer van langer dae met ‘n verkwikkende swem-sessie te vier.