Uitbreidings in die Noordsee – Sunak se regering sê balans is nodig

Die Britse regering is onder druk oor die aankondiging van verdere uitbreidings aan olie-boorwerk in die Noordsee, veral omdat die land homself tot nul-vrystellings verbind het. Die land se energieminister, Andrew Bowie sê die publiek moet verstaan dat beide die omgewing en die lewenskoste-krisis belangrik is en ‘n balans, veral met goedkoper energie, is nodig.