Uis-Hentiesbaai teerpad benodig nog fondse

Die teer van die Uis-Hentiesbaai-pad is 52 persent voltooi, ondanks verskeie vertragings. Die Padowerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sê die projek was veronderstel om vanjaar voltooi te wees, maar was onderbefonds. Die 96km-lange pad is deel van die regering se visie om Namibië se westelike korridor te versterk. Die bedoeling is om die Walvisbaai-hawe met die suidelike deel van Angola te verbind deur die Trans-Kunene-korridor. Tot dusver het die regering 700 miljoen Namibiese dollar aan die geraamde een-miljard-dollar projek bestee. Vervoer-minister John Mutorwa het die projek besoek en aangedui dat twee kontrakteurs veronderstel is om die pad vanaf Hentiesbaai na Kamanjab gelyktydig op te gradeer, maar weens ‘n gebrek aan fondse was dit nie moontlik nie. Mutorwa het meer.