Uiltjie, gesin en matskoonmaker kry ‘n geseënde Kersfees

Een Kentucky-gesin het ‘n ongewone ekstra gekry toe hulle vanjaar hul Kersboom uitgesoek het: ‘n baba-uil. Lexington-inwoner, Michele White, sê hulle het die denneboom vir vier dae in hul huis gehad en het niks ongewoons opgemerk nie. Bobby Hayes, ‘n matskoonmaker, was besig by die huis terwyl die gesin uit was, en het die voël eers opgemerk toe die boom begin wieg. “Die uil het letterlik op ‘n onderste tak gesit,” het Hayes gesê. Hy het foto’s aan White gestuur, en kon toe die uiltjie veilig in die gesin se agterplaas vrylaat. “Almal sal nou ‘n geseënde Kersfees kan hê,” het Hayes gesê.