Ugandese weermag, polisie versper opposisie-kantore voor betoging môre

Die weermag en polisie het vanoggend die hoofkwartier van Uganda se grootste opposisieparty afgesper in wat as voorsorgmaatreël voor beplande teenregeringsbetogings môre, beskryf word. In ‘n plasing op sosiale media-platform X, het die partyhoof van die Nasionale Eenheid-platform, Bobi Wine, gesê veiligheidspersoneel het die hoofkwartier in die hoofstad Kampala omsingel en niemand mag in of uit nie. Hy het foto’s van militêre personeel by die perseel langs geparkeerde weermag-voertuie gedeel. Wine, 42, ‘n popster wat politikus geword het, het die afgelope paar jaar na vore getree as die grootste uitdager vir veteraanpresident Yoweri Museveni, 79, wat die Oos-Afrikaanse nasie sedert 1986 lei.