Ugandese President se SA besoek verdedig

President Cyril Ramaphosa is by die Uniegebou in Pretoria die gasheer vir sy Ugandese eweknie, President Yoweri Museveni, wat tans op ‘n staatsbesoek in die land is. Die besoek vind plaas terwyl Museveni beskuldig word van menseregtevergrype. Hy het besluit om nie Uganda se verhouding met die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor te hernu nie. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê samesprekings tussen die twee staatshoofde het ten doel om bilaterale betrekkinge tussen die twee lande te versterk.